Soil 												Afrikaans

Verduideliking van grondverdigting

Instructions: 

Folio strap: Grond

Byline: Artikel verskaf deur ‘n vorige produsent

Caption: 	

Diagram 1: Die effek van kompaksie op lugdeeltjies.

Diagram 2: Die wortels aan die linkerkant van die tekening dui onbeperkte groei aan, terwyl die wortels aan die regterkant van die plant beperkte groei aandui as gevolg van verdigting sones in die grond profiel.

Photo 1: Die foto van ‘n reëndruppel wat op ‘n nat grondoppervlakte val, illustreer die skadelike kragte wat inwerk met impak.

Photo 2: Wanneer droog, vorm die oppervlakte ‘n kors en seël dit af vir enige uitruiling van gasse of penetrasie van vog gedurende die volgende reënbui.

Photo 3: Hou jou lande deeglik dop vir oortollige water en verwyder beeste van aangeplante weidings. Wanneer die lande afgedroog is, kan die beeste weer ingejaag word.



Grondverdigting vind plaas wanneer gronddeeltjies saamgepers word en die oop spasies tussen hulle verminder word. Grond wat swaar verdig is, bevat ‘n paar groter oop spasies en laat minder water in, asook minder dreinering. Die uitruiling van lug wat suurstof, stikstof, koolstofdioksied en ander gasse bevat wat noodsaaklik is vir wortel ontwikkeling en groei, word ook beperk en vertraag.





 











Diagram 1



Wat veroorsaak grondverdigting?

Die verkeer van trekkers en implemente oor bewerkbare lande en aangeplante weiding, kan grondverdigting veroorsaak. Grondverdigting word hoofsaaklik geassosieer met bewerking, aanplanting, spuit en oes operasies wat normaalweg by kontantgewasse vereis word. Oor baie dekades is baie moeite gedoen om trekkers te ontwerp met verhoogde perdekrag en geskikte implemente om verdigtingslae op te breek.

Die gewig van trekkers het toegeneem vanaf drie ton in die 1940’s tot oor die 20 ton vir groot vierwieldryf- eenhede vandag. Verdigting veroorsaak deur swaar asladings van ten ton of meer op nat grond, kan verdigting vergroot tot 0,60 van ‘n meter. Bewerkingsoperasies word uitgevoer wanneer grond nat en vatbaar vir verdigting is en dit veroorsaak skade aan die grondstruktuur. Die potensiaal van grond om optimale opbrengs te lewer, word verhinder. Die aanhoudende gebruik van skaarploeë op dieselfde diepte sal definitief verdigtingslae veroorsaak reg onder die diepte van die bewerking.

Grond met ‘n hoër waterinhoud kan maklik met die hand gevorm word en is in ‘n sogenaamde “plastiese” toestand. Swaar verkeer of bewerkings veroorsaak dan dat die gronddeeltjies bymekaar vloei in ‘n digte massa. Diep spore van bande of ploeë wat aangepak is, is bewys dat die grond te nat was vir hierdie operasies wat gedoen is. Droër grond breek uitmekaar, wat dan ‘n ideale struktuur skep eerder as om die grond aanmekaar te smeer.







Grondstruktuur

Die grondstruktuur bepaal die vermoë van grond om water te behou, voedingstowwe en lug te gelei wat noodsaaklik is vir wortelaktiwiteit. Aktiewe groeiende wortels benodig lugdeeltjies groter as 0,1mm wat die grootte is van die meeste wortelpunte, wat hulleself in ‘n lugdeeltjie anker voordat hulle verder kan groei. Hoër weerstand van verdigte grond beteken dat die wortels groter krag moet gebruik om die verdigtingslaag binne te dring. 

Hoe kan die produsent verdigting oorkom?

Diep bewerking, nie meer as 25cm nie, is genoeg om enige harde laag wat gevorm is deur spoorverkeer op te breek, maar is dalk nie ‘n langtermyn oplossing om hoër gewasopbrengs te verseker nie. Met die meeste stelsels moet diep bewerking elke seisoen herhaal word. Bewerkingsoperasies na ploeg kan die grond weer kompakteer tot 80% van die digtheid voor bewerking. Daar is dus ‘n groot hoeveelheid energie in die vorm van diesel en masjinerie onkoste benodig vir bewerking.

Die huidige kontantgewasstelsel gebruik die konvensionele metode van bewerking wat insluit, ploeg na oes, snybewerking, diep losmaak, verskeie ander bewerkings, dan plant, sowel as spuit vir onkruid en insekbeheer na plant en oes. Dit is dus moontlik dat jy sowat agt tot nege keer oor die land kon beweeg tussen oes en die aanplant van die volgende gewas. Hierdie stelsel is duur om te onderhou. Die belegging in toerusting en implemente, die tyd wat dit neem om die operasies te voltooi, brandstof en herstelwerk vir trekkers is baie hoog.



Konvensionele bewerking

Die konvensionele stelsel is hoofsaaklik gebruik om onkruid te beheer en om enige grondkors wat deur swaar reën veroorsaak is, los te maak. Reën wat gedurende die braakperiode ontvang is, kon gestoor word vir gebruik deur die volgende gewas. Die vorming van ‘n stof bolaag het baie van die transpirasie van die ondergrond en bogrond vog verhoed. 

Die gebruik van ploeg om die verdigtingslaag te breek, kan verdere skade aan die grondstruktuur veroorsaak en kan oneffektief wees wanneer die grond nat is tydens die operasie. Bewaringsbewerkings metodes wat verminderde, minimum en geen bewerking insluit, sal grondverdigting verminder en algehele bewerkingskostes verlaag.

Voordele van ‘n optimale los ondergrond

Die meeste plantermeganismes kompakteer die grond rondom die saad. Goeie kontak tussen die saad en die grond bespoedig wateropname en dus saadontkieming. Matige kompaksie verhoed waterverlies as gevolg van verdamping en verhoed dat die grond rondom die saad uitdroog. In ‘n droë land kontantgewas situasie, word droë en los grond liggies oor die aangeplante saad geplaas. Dit dien as ‘n droë voglaag wat verdere vogverlies verhoed. Dit is egter noodsaaklik om nie die bogrond en ondergrond onderkant die saad te kompakteer nie.



Grond wat te los is, het ‘n nie ‘n konstante digtheid nie en sal ook goeie wortelgroei en ontwikkeling verhoed. Wortels pas aan by verandering in grondtoestande deur te groei na areas met min weerstand en sal dus nie maklik deur harde lae groei of in harde areas binne die grondprofiel nie.

Probleme veroorsaak deur ‘n verdigtingslaag

Die effek van ‘n verdigtingslaag is dat die area rondom die wortels waarheen die wortels groei, verminder word. Opneem van voedingstowwe en verminderde watervloei en stoor van water, verhinder die plant se vermoë om maksimum opbrengs te produseer. Tydens droë jare kan grondverdigting lei tot plante met droogte stres. Sonder tydige reëns en goeie kunsmis sal opbrengste verminder word.







Figuur 2







Tydens nat jare sal grondverdigting veroorsaak dat grondlug in die bolaag van die grond verminder word, dreinering sal afneem en dit kan lei tot bogrond erosie tydens verdere reën. Dit kan ook lei daartoe dat kunsmis en stikstof uitgeloog word en stikstof in die atmosfeer verlore gaan. Die opneem van potas vereis dat die plant energie moet verbrand om dit op te neem. Die verminderde blootstelling aan lug beïnvloed die metabolisme van die wortels en dus verminderde opneem van potas. Omdat fosfaat nie in die grond beweeg nie, selfs wanneer aangewend tydens plant, sal ‘n verminderde wortelstelsel die opneem van hierdie belangrike plantvoedsel ook beperk. Sandgrond met ‘n verspreiding van eenderse grootte gronddeeltjies, kompakteer baie maklik. Hierdie grond het aanvaarbare vogpenetrasie in die grondprofiel, maar verdigtingslae verhoed die wortels om dieper te groei en hierdie water tydens ‘n droë periode op te neem.

Indien die wortels in staat is om die voglaag te penetreer of bygestaan word deur openinge in die voglaag, is hulle in staat om goed genoeg te groei om die sagter grondmateriaal dieper in die grondprofiel te benut. Toegang tot genoeg water en voedingstowwe kan dus optimale opbrengs produseer. 



Grondverdigting kan in die breë gedefinieer word as oppervlakverdigting of ondergrond verdigting.



Oppervlakverdigting

Lente reëns val baie hard en kan groot hoeveelhede grond beskadig, asook erosie en verlies aan vrugbare grondoppervlak veroorsaak.



In grond met lae organiese materie of wat nie beskerm word deur plant reste nie, kan ‘n reëndruppel ‘n kompakte laag van 12 mm tot 20 mm op die grondoppervlak vorm. 

Foto 1









Reëndruppels tydens normale reëns wissel vanaf 1mm tot 7 mm in grootte en tref die grond teen 30 km per uur. Gronddeeltjies kan versprei word verder as ‘n meter van die impak sone. Dit verstop oppervlak lugdeeltjies verder, wat wateropname verminder en veroorsaak dat water wegloop. 









Foto 2















Wanneer dit droog is, vorm die oppervlak ‘n kors en seël enige gasuitruiling of penetrasie van vog tydens die volgende reënbui. Hierdie laag beïnvloed die opkoms van saailinge, soos die meeste produsente al gesien by sojabone en sonneblom in hulle eie lande.



Los gronddeeltjies beweeg saam met die water weg na waterbane en veroorsaak dat spruite en riviere toe slik. Wanneer daar oormatige reën val soos met ‘n wolkbreuk op ‘n onbeskermde grondoppervlak, waar die water nie die harde oppervlak kan binnedring nie, kan erosie groot skade en verlies aan vrugbare grond veroorsaak.





Lewende hawe op nat grond

Wanneer lewende hawe na oes of enige ander tyd tussen gewasse op lande gehou word, kan grondverdigting plaasvind as gevolg van die impak van beeste of skape se hoewe. Dit gebeur wanneer die grond te nat is en wanneer die voginhoud bo-gemiddeld is. Die graad van kompaksie sal bepaal word deur die hoeveelheid gewasbeskerming op die grondoppervlak. Verdigting kan gesien word in die grond oppervlak tussen 7 cm en 10 cm van die grond profiel. Hierdie effek is erger in hoër klei-inhoud gronde.

Lugdeeltjies word verminder en lei tot al die probleme wat bo genoem is en deur verdigting veroorsaak word. Wanneer beeste op nat aangeplante weidings gehou word, kan opbrengs verminder tot 20% van die normale verwagte produksie. Die oplossing is om jou lande deeglik te ondersoek vir oormatige water en die beeste te verwyder van aangeplante weiding of veld kampe wat hoër lê of wat hellings het wat minder nat is as die aangeplante lande. Wanneer die lande afgedroog is, kan die beeste weer toegelaat word. 







Foto 3















 

Monitor en toets vir grondverdigting

Opervlakverdigting kan maklik gesien word deur in jou lande te loop na ‘n swaar reënbui. ‘n Mes kan gebruik word om die kors op te lig om sodoende ‘n idee van die diepte van die kors te kry. 

Ondergrond verdigting

Om ondergrond verdigting op jou plaas te sien, moet meer deeglike evaluasie plaasvind. 



Profiel gate

‘n Graaf kan gebruik word om ‘n klein toetsgat te grawe en dit sal gou sigbaar word indien ‘n verdigtingslaag teenwoordig is ongeveer 20 tot 25 cm vanaf die grond oppervlakte. Hierdie laag is dikwels baie moeilik om los te steek met die graaf wanneer droog is. Wanneer hierdie laag bereik word, of selfs dieper verdigting vermoed word, moet ‘n grond profiel gegrawe word en die mates is ten minste 1 m x 1 m x 1 m in diepte. Dit laat toe dat jy binne in die gat kan klim en die grond profiel deeglik ondersoek vir verdigting. ‘n Geoloog se hamer of enige instrument met ‘n skerp punt word ingedraai vanaf die bopunt van die profiel tot die onderpunt. Enige harde laag sal maklik sigbaar wees en kan dan gemeet word. Die diepte en dikte van die laag sal dan bepaal wat die mees geskikte tand implement is, asook die diepte van grond penetrasie benodig sodat die laag opgebreek kan word en die laag van onder die verdigtingslaag opgebreek kan word.



Die profielgat kan gebruik word om grond monsters te neem en effektiewe worteldiepte te evalueer asook grondtipe en enige ander dieper laag wat nie gepenetreer kan word nie. Verskeie profielgate kan binne ‘n hele land ondersoek word, sodat ‘n deeglike ondersoek gedoen kan word.

Indien die wortels van ‘n groeiende gewas steeds teenwoordig is, kan die wortels geïsoleer word deur die grond rondom hulle weg te was met ‘n handspuit met genoeg waterdruk. Op hierdie manier kan die verspreiding van die wortels en die impak van die verdigtingslaag duidelik gesien word. Wanneer diep losgemaak word, tydens planttyd, kan ‘n mense wortel ontwikkeling sien tot by die laag met beperkte groei deur die laag en verdere verspreiding van wortels onder die verdigtingslaag.

Die grondprofiel kan gebruik word om die effektiwiteit van bewerkingsmetodes te sien wat gebruik is om vorige grondverdigting teen te werk. Die effektiwiteit van ‘n bestuurstelsel of die praktiese effektiwiteit van ‘n spesifieke implement kan ook gemonitor word.

Tee rod

Wanneer lande bewerk word, kan die teenwoordigeheid van ‘n verdigtingslaag of die effektiwiteit van die implement wat gebruik word om die verdigtingslaag op te breek gemonitor word deur altyd in jou bakkie ‘n eenvoudige tuisgemaakte metering rod te hê. Die yster kan gemaak word van 8 mm ronde yster met welded handbar tee op die bopunt met die punt liggies skerp gemaak en elke 10 cm afgemerk deur ‘n angle gronder. Die yster word dan deur matige krag in grond ingedruk, weereens met gemiddelde grondvog en sodoende sal verdigting baie gou sigbaar wees. Indien jy elke 0,5 van ‘n meter toets, kan vasgestel word of die verdigting oral teenwoordig is of slegs in ‘n sekere deel van die land. Die effektiwiteit van die implement wat daar werk kan op hierdie manier gemonitor word.

 



